Atletiek SWD vereer toppresteerders
Atletiek SWD het Vrydagaand by ‘n glans-geleentheid by De Dekke in Groot-Brakrivier sy toppresteerders vir die 2014-seisoen vereer.
Aleck Skhosana, president van Atletiek Suid-Afrika, was die geleentheidspreker.
Die 18-jarige Jo-Ané van Dyk van die Hoërskool Outeniqua is vir die tweede agtereenvolgende jaar as senior sportvrou van die jaar aangewys.
Van Dyk het verlede jaar by die Afrika junior spele in Gaberone, Botswana, goud gewen vir meisies o.17 en ook skoonskip in al die plaaslike kompetisies gemaak.
Ruben Dlephu, leerder by Hoërskool Langenhoven in Riversdal, is as senior sportman aangewys. Die landloopatleet het goud by die Wes-Kaapse en ASWD-byeenkomste gewen.
Ander persone wat ook toekennings ontvang het, is:
Landloop: (Seuns o.15) Luzanne Pietersen. (Dogters o.15) Britney-Ann Meyer. (Seuns o.17) Ruben Dlephu. (Dogters o.17) Marrida Leen. (Seuns o.19) Janson Darries. (Dogters o.19) Maurica le Grange. (Seuns LSEN) Donovan Jantjies. (Dogters LSEN) Maurica le Grange. (Mans 40-45) Zuzele Ntshinuyabo. (Mans 55-59) Dirk Joubert. (Vroue 40-45) Elize Kloppers. Atleet van die jaar: Marrida Leen.
Padstap: (Junior seuns) Elwich van Wyk. (Junior dogters) Moné Geldenhuis. (Senior mans) David Morgan-Smith. Atleet van die jaar: Elwich van Wyk.
Padwedlope: (Junior seuns) Leon Adams. (Junior dogters) Marrida Leen. (Senior mans) Ettiene Plaatjies. (Senior vroue) Melissa van Rensburg. (Mans 40-49) Lindile Tokota. (Vroue 40-49) Lana Theunissen. (Mans 50-59) Selwyn Losper. (Vroue 50-55) Annatjie Botes. (Mans 60+) Manie Steenkamp. (Vroue 60+) Padatleet van die jaar: Rea Oosthuizen
Veldwedlope: Melikhaya Msizi: veldwedloopatleet van die jaar.
Baan en veld: (Seuns o.15) Barry Botha. (Dogters o.15) Meike Strydom. (Seuns o.17) Ruben Dlepu. (Dogters o.17) Jo-Ané van Dyk. (Seuns o.19) Guillaume Odendaal. (Dogters o.19) Zane Fourie. (Seuns LSEN) Donovan Jantjies. (Dogters LSEN) Moesha Owies. (Mans 40-45) Jayde Heyns. (Mans 55-59) Frans Kalp. Baan- en veldatleet van die Jaar: Jo-Ané van Dyk.
Tegniese beampte: Wessel van Brakel.
Afrigter van die jaar: Lardus Potgieter.
Ysterman van die jaar: Eddie Mouton.
Administrateur van die jaar: Sarie Exton.
Klub van die jaar: Knysna-marathonklub.
Meriete toekenning: Marrida Leen.
Lifetime Achievements Award: Jan Booysen
[George Herald – André Stander – 30 April 2015]
ASWD Annual Year Function Gallery
[Photographer – Mark Boonzaier]
Leave A Comment